Die plaas

Created by Leola 6 years ago
Al die herineringe is oorweldig ...
Mamma en ek het op die stoep gesit. In die winter. Besig om rummiecup te speel. Vir die laaste paar weke was dit al wat ons gedoen het. Die geselkap en die raad wat mamma my vertel het sal my nooit verlaat nie. Die glimlag van mamma wat my hart altyd gelukkig en liefde maak voel het is verewig by my. In my siel gekerf. Mamma se stem wat in my gedagtes deur speel.

Die dag spesefiek het pappa terug gekom van ver werk af. Mamma se gesig toe pappa in die pad afgery kom was soos die eerste sonstraal na die dongerste storm. Dit was asof als beter sou wees na die storm.
Pappa het mamma so lief en mamma vir pappa.

Enige mens kon dit dit sien. Almal het gewens hul kon he wat mamma en pappa gehaad het. Daai liefde en vertroue is die lewens lesse wat vir my geleer is. En ek is altyd dank baar mamma is en sal altyd my mamma wees.. die mamma wat my gemaak het wie ek is. Die pappa wat my gemaak het wie ek is. Jul is die rede hoekom ek so hard proebeer om als reg te doen. Lief vir jul altyd.