Dag by beachbums

2014 January - December

Created by Leola 6 years ago

Die kersfees wat mamma en pappa durban toe gekom het. Ons was beachbums toe. Dit was n lieflike dag, son het geskyn, geluk was in die omgewing. Ons het cocktails gedrink. Mamma het dit so geniet. Al die geure en kleure. Ek kan onthou mamma se stem. Die is n baie heerlike dag saam my man en kinders. En vriende. Een van die beste kersfees dinge wat ons al gedoen het.

Mamma se glimlag was so groot en so helder dit het my hart so bly gemaak om my ma,die vrou wat my gedra het en my liefde gewys het, so gelukkig te sien.

Ek kon vir niks meer vra as om net mamma gelukkig te sien nie. Dit is en sal altyd die beste geskenk wees van my lewe.