Dis nou al 7 jaar sonder Ma en die seer raak net glad nie beter nie, miss Ma so baie, love you lots always
Die tye dat ek mamma die meeste nodig het is die ergste. Net om met mamma te praat laat my beter voel. Maar ek kan nie meer nie. My hart is swaar en ek is nie seker of dit sal verbeter nie. Het mamma so baie lief.
Vandag n hele twee jaar gelede het mamma ons lewe verlaat. Dit sit nog vars in ons harte. Ons sal verewig en altyd na mamma verlang tot die dag wat die here ons toelaat om weer bymekaar te wees.
Dit is al amper twee jaar. Die hartseer wat agter bly in my is oorverdoowend. Die wil om te probeer is verswak. My rede vir voortgaan en deurdruk is weg. My lig op my pad is verduister. Om die regte pad nou te kies in my lewe is ongelooflik moeiliker. Die glimlag van my is verklein. My ales is weggevat en ek sal nooit weer dit kan terug kry. Hoe om die gelukkige mens te wees sonder my mamma is skokkendlik verlore. Mis mamma elke sekond van my lewe. My liefde vir mamma sal nooit verdwyn. Die donker wat agter bly waar mamma die lig was sal nooit verhelder word. Sonder mamma is als moedeloos en teveel om te hanteer