League winners

Created by Leola 7 years ago
In standard 1, het ek my liefde vir sport gevind.
Na weke se se oefeninge en uit dinne het ek span gemaak. vreeslik opgewonde en trots op myself het ek met angs gewag op mamma en pappa om my op te tel by die skool.

Ek het mamma en pappa gese daarvan en die glimlag wat mamma aan my gegee het en die trots in mamma se oe was onbeskryflik. Mamma en Pappa het my ondersteun deur elke wedstryd en toets wedstryd. Mamma was by al die belangrike wedstryde.

Die grootste wedstryd van ons lewens op daai stadium was die liga wedstryd om deur te gaan S.A. onder 9's toe.
Dit sou die span oorsee stuur en sponsors het opgelyn om die wenners van die wedstryd op te teken.
Ons was 9 jaar oud maar ons het ons harte uit gespeel.
Ek het mamma gehoor aanjuig en skreeu met trots in mamma se hart soos wat mamma ons ondersteun het.
Onshet die beste gedoen. Al die ma's en pa's van my span het saam gestem dat die ander span min vertroue gehaad het dat mamma se kort gat kind die ,amper 2 keer lange, doel nie kon verdedig nie. Maar ek het , want mamma was daar, mamma het my moed gegee, mamma het my maak harder probeer en ek het.

Met my span maats aan my kant het ons gat geskop.
Mamma was gloeiend met trots, dat mense kan sien wat n goeie ma mamma is.
Aan die einde van die wedstryd was ons gebreuk, ons het die reels gevolg en ons bes gedoen maar dinge was nie aan ons kant nie.

Mamma het vir my aan die hand gevat, vir my en my span maats gese, ons is beter as hul, Ons verdien die wen meer as hul. Maar die ref was teen ons, hul het gedink ons span is maklik want die lang mense was my doel en die kort mense by verdediging. maar ons het hul gewys. Mamma het so hard pobeer om die seer weg te steek oor die wedstryd wat onregverdig geblaas was teen ons, want mamma kon sien ons het ons hart en siel in dit ingesit.

Mamma se moed en insperasie het my beter laat voel. Mamma het my groot gedruk en gese hou aan my kind ek sal altyd trots wees op jou. Jy doen jou bes in als en hou aan probeer. Mamma sal altyd lief wees vir my en dit sal nooit verander nie.
Mamma het altyd geweet wat om te se en hoe om my beter te laat voel.

My hart is swaar dat ek nie meer met mamma sulke dinge kan deel nie.

Miss mamma vreeslik met swaer hart mis ek mamma elke dag.

Liefde altyd